Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. 

  • Smeer die grondboontjiebotter op 6 wafels en pak dit op die bereide bakplaat.
  • Plaas 4 malvalekkers op elke grondboontjie­botterwafels. 
  • Smeer die sjokolade­smeer op die oorblywende wafels en sit dit met die sjokoladesmeer na onder op die malva­lekkers neer. 
  • Plaas nog malvalekkers en ’n paar blokke donker­sjokolade bo-op. Plaas die bakplaat in die oond en bak 6 min.
  • Smelt die oorblywende sjokolade. Pak die aarbeie bo-op die wafels, bedruip met die gesmelte sjokolade en sit dadelik voor. 

WENK

Jy kan ’n ander neutbotter, byvoorbeeld makadamia- of amandel­botter, pleks van grondboontjiebotter gebruik. Vervang die donkersjokolade met ’n framboossous vir ’n smaakkinkel.