25-30 min.
6
2-3 min.
Bestanddele
- Vrugteslaai
- 1 groot pynappel, geskil
- 4 nektariens, gehalveer en ontpit
- 250-300 g aarbeie
- Stroop
- die pulp van 1-2 grenadellas
- sap van 1 suurlemoen
- 30 ml (2 e) heuning
- Roomys
- 100 g klapperskaafsels of 125 ml (½ k) fyn klapper
- 6-8 bolle vanieljeroomys
- Vir afronding
- ’n paar vars takkies ment
- ekstra grenadella (opsioneel)
Metode

- Vrugteslaai: Sny die vrugte soos verkies en pak mooi op ’n groot opdienbord.
- Stroop: Klits die bestanddele goed saam en drup oor die vrugteslaai.
- Roomys: Verhit ’n droë pan en rooster die klapper tot dit geurig is en effens begin verkleur. Roer aanhoudend met 'n houtlepel – die klapper brand baie vinnig. Skep uit in 'n bord en laat heeltemal afkoel.
- Rol die roomysbolle in die klapper en pak op die vrugteslaai.
- Vir afronding: Pak 'n paar menttakkies op die slaai en sit voor saam met ekstra grenadella indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET