Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondvaste bak met kossproei.

  • Sny gleufies van sowat ½ cm in elke patat. Maak seker jy sny nie heeltemal deur nie.
  • Verf die bokante en kante met gesmelte botter en ­bestrooi met ’n knippie sout. Plaas in die voorbereide bak en bak sowat 40 min. of tot die patats sag is. 
  • Haal uit die oond en verlaag die temperatuur tot 190 °C. Laat die patats genoeg afkoel dat jy daaraan kan raak. 
  • Wissel elke sny patat met ’n malvalekker en sjokolade af. Plaas terug in die oond en bak sowat 10 min. tot die sjokolade gesmelt en die malvalekkers gerooster is.
  • Krummel die Tennis­beskuitjies bo-oor en sit dadelik voor.