• Kap die kekerertjies in 'n voedselverwerker fyn. Die tekstuur is baie belangrik; maak dus seker dat dit mooi fyn is, anders sal die mousse klonterig wees. 
  • Voeg die res van die ­bestanddele buiten die eiers by en meng goed. 
  • Klits die eiers sowat 1 min. met 'n elektriese klitser en voeg by die kekerertjiemengsel. Klits 4-5 min. teen 'n hoë spoed saam tot dit die tekstuur van mousse het.
  • Afronding: Skep in kelkies of wynglase en plaas in die yskas. Rond af met die amandelmeel, -vlokkies, kakaopoeier, bessies en ment net voor jy dit voorsit.
  • Resepte: Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman
  • Stilering: Taryne Jakobi
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.