Bestanddele
- ROOMYS
- 2 L (8 k) vanieljeroomys, effens saggemaak
- ’n halwe blik karamelkondensmelk
- 50 g pepermentsjokolade, gerasper
- BESLAG
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
- 100 ml strooisuiker
- 80 ml (¹/3 k) kakaopoeier
- 30 ml (2 e) botter, gesmelt
- 125 ml (½ k) melk
- 2 eiers
- 5 ml (1 t) pepermentgeursel
- 50 g haselneute, gekap
- SOUS
- 180 ml (¾ k) donkerbruin- suiker
- 250 ml (1 k) warm water
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n ronde 20 cm-oondbak met kossproei.
Roomys
Skep die helfte van die roomys in ’n vriesbestande bak. Voeg die helfte van die karamelkondensmelk en al die sjokolade by.
Herhaal met die res van die roomys en kondensmelk en roer met ’n bottermes of eetstokkie met swaaibewegings deur. Sit die deksel op en sit dit in die vrieskas.
Beslag
Sif die meel, bakpoeier, sout, suiker en 50 ml van die kakaopoeier saam.
Voeg die botter, melk, eiers, geursel en neute by en meng goed. Giet die beslag in die voorbereide bak.
Sous
Meng die suiker en oorblywende kakaopoeier en strooi oor die beslag. Giet die water oor.
Plaas die bak in ’n groter oondpan halfpad met water gevul en bak 30-35 min. of tot wanneer ’n toetspen skoon uitkom. Sit voor saam met die roomys.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET