20 min.
16-25 Vierkante
1 uur 20 min.
Bestanddele
- SOUTKARAMEL
- 125 ml (½ k) ligbruinsuiker
- 45 ml (3 e) gesoute botter
- 60 ml (¼ k) vars room
- 1,25 ml (¼ t) sout
- BROWNIES
- 250 ml (1?k) botter
- 750 ml (3 k) witsuiker
- 4 eiers
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 1,25 ml (¼ t) sout
- 250 ml (1 k) kakaopoeier
Metode

- Soutkaramel: Voer ’n bakplaat met liggies gebotterde bakpapier uit. Smelt die bruinsuiker in ’n middelslag-swaarboomkastrol oor matige hitte tot dit ’n donkergoue kleur word. Verwyder van die hitte en roer die botter, room en sout in. Laat weer prut sodat enige suiker wat dalk verhard het, kan smelt.
- Kook die borrelende karamel nog ’n paar minute tot dit ’n skakering donkerder is. Giet uit op die voorbereide bakplaat om te set en plaas in die vrieskas.
- Brownies: Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n vierkantige 25 cm-bakpan en voer met bakpapier uit.
- Klits die botter en suiker saam met die eiers tot lig en donsig en voeg dan die vanieljegeursel by.
- Sif die meel, sout en kakaopoeier saam. Voeg by die eiermengsel en roer goed tot net gemeng; moenie te veel klits nie.
- Giet in die voorbereide bakpan en versprei egalig. Breek die karamel in groot brokke en strooi oor die mengsel. Bak sowat 1 uur tot die brownies induik en ’n bietjie van die kante van die pan af wegtrek. Prik met ’n happiestokkie. As krummels aan die stokkie kleef, is die brownies gaar. Laat in die pan op ’n draadrak afkoel en sny dan in vierkante of driehoeke.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET