15 min. Staan: 20 min.
4
30-40 min.
Bestanddele
- 4 croissants of hamburgerbroodrolletjies
- 70 g amandelvlokkies, gerooster
- 12 dadels, fyngekap
- 125 ml (½ k) klapper
- 125 ml (½ k) suiker
- 500 ml (2 k) melk
- 4 eiers
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- gerasperde skil van 1 lemoen en/of suurlemoen
- 45 ml (3 e) versiersuiker
- VIR VOORSIT
- jogurt waarby ’n bietjie fyngekapte ment ingemeng is of vla
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.
- Breek die croissants of rolletjies in stukke en pak die helfte in die bak.
- Meng die amandelvlokkies, dadels en klapper en sprinkel die helfte oor die brood. Sprinkel die helfte van die suiker oor. Herhaal die lae.
- Klits die melk, eiers, vanielje en lemoen- of suurlemoenskil saam en giet oor die broodlae.
- Sif die versiersuiker oor en bak 30-40 min. of tot die eiervla gestol is.
- Vir voorsit: Sit voor saam met die mentjogurt of vla.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET