Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n oondbak of koekpan met kossproei.

  • Baklava: Plaas die neute, pitte en kaneel in die bak van ’n voedsel­verwerker en verwerk tot grofgekap, of kap fyn met ’n mes.
  • Sny die filodeegvelle so groot soos die bak of pan wat jy gaan gebruik. Smeer die bak of pan met die botter. Strooi ’n klein bietjie van die neutemengsel onderin.
  • Verf ’n vel deeg met die botter, plak nog ’n laag bo-op en verf weer met die botter. Herhaal tot 10 velle deeg op mekaar geplak is. Plaas die deegstapel in die pan. Sprinkel die helfte van die neutemengsel oor.
  • Plak weer 10 velle deeg bo-op mekaar met die botter. Plaas die deegstapel bo-op die neutemengsel en strooi die res van die neutemengsel oor.
  • Plak nog 3 velle deeg op mekaar en sit bo-op die laaste laag neute.
  • Sny die baklava in ongeveer 20 blokkies. Giet die res van die botter oor en bak 40 min. of tot goudbruin.
  • Stroop: Plaas intussen al die stroopbestanddele saam in ’n kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is en laat 5 min. stadig prut. Laat afkoel en giet oor die baklava sodra dit uit die oond kom.
  • Laat die baklava minstens ’n uur of oornag in die yskas staan om af te koel.9 Afronding Sprinkel nog neute oor, indien verkies, en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!