• Verhit die rys, melk en suiker in ’n kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte. Voeg die neutmuskaat by en laat prut 30 min. tot die rys sag is. 
  • Klits die eiergele in ’n diep bak, voeg ’n paar lepels van die rysmengsel by, roer goed en plaas stadig in die kastrol terug. Voeg die vanielje by. Kook nog ’n paar minute terwyl jy roer tot dit romerig word. 
  • Giet in bakkies en laat afkoel. Strooi fyn kaneel bo-oor wanneer jy dit voorsit.