Posset

Rasper die skil van die suurlemoene fyn. Halveer die suurlemoene en druk die sap uit. Giet die sap deur ’n sif en meet 115 ml af.

Meng die room, suur­lemoenskil en strooi­suiker in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy af en toe roer tot die suiker opgelos het. Verlaag die hitte en laat 3 min. prut. Verwyder die pan van die hitte en klits die suurlemoensap in.

Giet die room deur ’n sif in ’n beker terwyl jy die skilstukkies teen die sif druk om soveel moontlik van die geur te onttrek.

Gooi die skil weg. Laat die mengsel 5 min. staan voor jy die skuim van die oppervlak af skep.

Giet gelyke hoeveelhede van die suurlemoenposset in glase. Laat afkoel. Bedek die glase met kleefplastiek en verkoel 24 uur om te set.

Bessie-consommé

Plaas die aarbeie in ’n bak saam met die frambose en die strooisuiker. Meng en bedek met kleefplastiek.

Plaas die bak oor ’n kastrol pruttende water en los 1 uur oor lae hitte. Verwyder van die hitte en verkoel nog ’n uur.

Voer ’n sif met ’n dubbele laag moeselien uit en plaas dit oor ’n skoon bak. Giet die bessiemengsel in die moeselien en laat die bessie-sap deursyg tot net die droë bessiepulp oorbly. Gooi die pulp weg.