• Meringue: Plaas die eierwitte, sout en strooisuiker in 'n glasbak oor ’n pot met kookwater. Die water moenie aan die bak raak nie. Klits met 'n ballonklitser tot die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en klits vinnig met 'n elektriese klitser tot die mengsel dik en blink is.
  • Suurlemoensmeer: Plaas al die bestand­dele in 'n glasbak oor ’n pot met kookwater. Verhit stadig sowat 10 min. terwyl jy aanhoudend met 'n draadklitser roer tot die mengsel verdik. Dit moenie kook nie. Laat afkoel. (Toets vir die regte, smeerbare dikte deur 'n bietjie op 'n piering uit te skep en te verkoel: Dit moenie loperig soos water wees nie.) 
  • Skep die meringue in ’n spuitsak en spuit 'n bondel meringue onderin elke oondvaste koppie of glas.
  • Skep die afgekoelde smeer ook in ’n spuitsak en spuit binne-in die meringue in sodat dit ’n poeletjie smeer daarin vorm en ook onder die meringue inloop.
  • Skroei die meringue met 'n kombuisblaasvlam of plaas onder die roosterelement.
  • Krummels: Sprinkel die koekiekrummels oor elke koppie.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.