Bespuit ’n tertbak met kossproei.

  • Vla: Klits die eiergele en strooisuiker saam. Sprinkel die meel oor en klits tot goed gemeng.
  • Giet die melk in ’n kastrol en verhit oor lae hitte tot net onder kookpunt.
  • Giet 60 ml (¼ k) van die melk by die eiermengsel en klits vinnig. Giet nog 60 ml (¼ k) van die melk by en klits goed. Giet die res van die melk by en klits goed.
  • Giet die melkmengsel weer terug in die kastrol en verhit oor matige hitte tot verdik – roer voort­durend.
  • Meng die suurlemoenskil deur en skep die vla in ’n ander bak. Bedek met kleefplastiek direk op die oppervlak van die vla en verkoel tot jy dit nodig kry.
  • Vlaskywe: Pak die helfte van die beskuitjies plat in ’n noupassende tertbak. Smeer die vla eweredig oor die beskuitjies en pak nog ’n laag beskuitjies ­bo-op. Bedek met kleefplastiek en laat dit minstens 1 uur in die yskas stol. 
  • Meringue: Plaas intussen al die bestanddele vir die meringue in ’n groot glasbak oor ’n dubbel­koker. Bring die water tot kookpunt en klits die mengsel 7-10 min. tot dik en blink. Haal van die dubbelkoker af en hou eenkant om ­effens af te koel.
  • Vir afronding: Sny individuele vlaskywe – gebruik die grootte van die koekies as aanduiding. Rond die skywe af met die meringue en sit voor.