Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Kors: Kap die beskuitjies en botter  in ’n voedselverwerker fyn. Druk vas in ’n emalje- of tertbord of vierkantige koekpan. 
  • Vulsel: Klits die eiergele en grenadellapulp saam tot lig, voeg die res van die vulselbestanddele by en klits goed tot dik. Skep die vulsel in die kors en bak 7 min. 
  • Bolaag: Klits die eierwitte en strooisuiker in ’n glasbakkie wat oor ’n kastrol met kookwater pas sowat 7 min. saam tot dik en glansend. 
  • Meng die maaskaas en versiersuiker.
  • Skep bolle meringue en maaskaas bo-op die vulsel. Skroei die meringue met ’n kombuisblaasvlam. Rond af met die ­geskroeide vrugte. 

WENK

Bak die tert so oor die kole: Sit ’n stukkie tinfoelie lossies oor die tert (sonder bolaag). Plaas hoog oor die kole op ’n rooster en “bak” sowat 10 minute tot die vulsel net stewig is.