Voorverhit die oond tot 180 °C.

Koeklaag

  • Klits die eiers in ’n mengbak. Voeg die roomkaas by en klits goed saam om alles te meng.
  • Voeg die klappermeel, xilitol en kitskoffie- en bakpoeier by en meng baie goed.
  • Skep die deeg in ’n ronde losboomkoekpan wat baie deeglik met botter gesmeer of met bakpapier bedek is.
  • Bak 15 min. Laat eenkant staan om af te koel.

Roomlaag

  • Berei nou die roomlaag. Plaas die xilitol in die bak van ’n voedselverwerker en pols 2 min. op hoog tot dit ’n poeier vorm.
  • Klop die room in ’n mengbak tot ligte pieke begin vorm.
  • Vou die xilitolpoeier, mascarpone en amandelgeursel daarby in.
  • Verkoel 20 min. in die ­yskas.

Afronding

  • Terwyl die roommengsel in die yskas verkoel, haal die koek uit die pan. Sny dit horisontaal in die helfte.
  • Gebruik ’n ronde vormpie om 4 koeksirkels uit elke helfte te druk – dus 8 in totaal.
  • Gebruik ’n laag koek as basis, spuit of skep ’n laag room daarop, plaas nog ’n koeklaag op die room, en rond met ’n finale roomlaag af.
  • Herhaal vir al 4 tiramisu’s.
  • Sif die kakaopoeier liggies oor elkeen en sit voor.
Wenk
Vir ’n spoggerige voorkoms, skep die roommengsel in ’n versiersak en spuit dan bolletjies vir die laaste roomlaag.