Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 'n 23 cm-­losboomkoekpan met kossproei.

  • Klits die eiers, vanieljegeursel, suiker, versoeter en olie in 'n groot mengbak saam tot lig.
  • Meng die pynappel en piesangs en hou eenkant.
  • Meng die klapper en droë bestanddele.
  • Vou die pynappelmengsel om die beurt met die droë bestanddele by die eiermengsel in.
  • Skep in die bereide pan en maak gelyk. Bak 55-60 min. of tot 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat afkoel en keer dan versigtig uit.
  • Versiersel: Meng al die bestanddele.
  • Afronding: Skep van die versiersel bo-op die koek, besprinkel met die klappervlokkies en drup die grenadellapulp oor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.