15 min.
6-8
55-60 min.
Bestanddele
- 2 x 440 g-blikke pynappelstukke, gedreineer, maar hou die sap
- 250 ml (1 k) droë klapper
- 250 g botter, saggemaak
- 250 ml (1 k) suiker
- 2 eiers
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 2,5 ml (½ t) sout
- 15 ml (1 e) bakpoeier
- 150 ml melk
- 50 g pistasieneute, gekap (opsioneel)
- VLA
- 1 x 410 ml-blik klappermelk
- 60 ml (¼ k) suiker
- 80 ml (¹/3 k) vlapoeier
- 125 ml (½ k) water
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n 22 x 22 cm-oondbak met kossproei.
- Versprei die pynappel op die bodem van die bereide bak en strooi die klapper oor.
- Klits die botter en suiker saam. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en klits weer.
- Sif die droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel. Roer die neute in, indien gebruik, en smeer oor die pynappel-en-klapperbasis. Bak 55-60 min.
- Vla: Verhit die klappermelk in ’n kastrol en voeg die suiker by. Meng die vlapoeier en water tot ’n pasta en roer dit by die klappermelk in. Laat kook die vla terwyl jy aanhoudend roer tot dit verdik. Bedek met kleefplastiek en hou eenkant .
- Giet die pynappelsap oor die koek sodra dit uit die oond kom en sit voor saam met die vla.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET