Voorverhit die oond tot 180 °C. Bestuif 'n groot bakplaat met 'n bietjie koekmeel.

  • Meng die koekmeel, bakpoeier, sout en papawersaad, indien gebruik, in 'n groot mengbak.
  • Klits die jogurt of karringmelk en eiers saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot 'n sagte deeg vorm. Knie liggies tot glad.
  • Verdeel die deeg in 12 gelyke bolletjies. Rol elke deegbolletjie in 'n 10 cm-slangetjie. Knyp die punte van die slangetjie aan mekaar vas sodat 'n ring vorm. Pak die deegringe op die bereide bakplaat.
  • Verf die bagels liggies met die melk en strooi nog papawersaad oor indien verkies.
  • Bak 15-20 min. of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer tot nodig.
  • Vir voorsit: Sny die bagels oop, smeer met die roomkaas en rond af met die radysskyfies en vars kruie.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.