Clafoutis is ’n Franse vrugtenagereg met ’n ligte beslag.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 30 min.
3 eiers, geklits
45 ml (3 e) meel
’n knippie sout
80 ml (1/3 k) strooisuiker
450 ml melk
50 g botter, ekstra vir smeer
4 pruime, gehalveer
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
- Voeg die meel, sout en 45 ml (3 e) strooisuiker by die geklitste eiers. Meng goed en plaas eenkant. Verhit die melk in ’n kastrol tot louwarm en roer by die eiermengsel in om vla te vorm.
- Smeer ’n vlak oondvaste bak met botter, pak die pruime op die bodem en giet die eierbeslag oor. Stip die oorblywende botter in klontjies bo-oor.
- Plaas in die oond en bak 25 min. tot die eier geset het. Strooi die oorblywende strooisuiker oor.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET