• Meng al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel in ’n groot kastrol.
  • Roer oor ’n lae hitte tot die suiker opgelos het.
  • Was die suikerkorrels tussendeur met ’n nat kwassie van die kante van die kastrol af.
  • Roer af en toe en laat kook tot die sagtebal­stadium bereik word (skep ’n bietjie van die mengsel in ’n bakkie koue water; sodra dit ’n sagte balletjie vorm, is dit gereed).
  • Toets nadat dit 10 min. gekook het.
  • Laat effens afkoel en roer die vanieljegeursel by.
  • Klop die mengsel met ’n houtlepel terwyl dit afkoel tot dit begin verdik.
  • Giet dit vinnig in ’n pan wat met botter gesmeer is.
  • Laat koud word en sny die fudge in blokkies.