Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n 22 cm-losboompan en voer dit met bakpapier uit.

  • Koek: Meng die meel, hawermout, klapper, suiker, bakpoeier, kaneel en koeksoda in 'n groot mengbak. Maak 'n holte in die middel.
  • Sit die jogurt, olie, eiers, heuning en vanielje in 'n beker en klits met 'n vurk.
  • Gooi dit by die meelmengsel saam met die piesangs en pynappel. Roer tot goed gemeng.
  • Skep die mengsel in die bereide pan en maak die bokant gelyk.
  • Bak 40-45 min. of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat 10 min. in die pan afkoel en keer dan uit op 'n draadrak en laat heeltemal afkoel.
  • Roomkaasversiersel: Klits die roomkaas, jogurt, heuning en suurlemoenskil saam met 'n houtlepel tot sag. Smeer die versiersel eweredig oor die koek. Drup die heuning oor en sprinkel klappervlokkies en suurlemoenskil oor.
  • Resep uit Suidooster-Kombuis deur Errieda du Toit
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.