Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondvaste tertbak goed met kossproei.

Krummel

  • Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot goed gemeng.
  • Skep in bakkies en verkoel 1 uur in die yskas of 30 min. in die vrieskas.

Vrugte

  • Plaas al die bestanddele in ’n kastrolletjie en verhit oor lae hitte. Roer tot die suiker gesmelt is en die vrugte effens begin versag het.
  • Verwyder van die hitte en skep in die bereide tertbak.

Afronding

  • Strooi die krummel oor die vrugte en drup die heuning oor. Bak 25-30 min. of tot die krummel goudbruin en bros is.
  • Sit die krummelpoeding voor saam met die vars bessies, ment en room of roomys.