Stroop

Plaas al die bestanddele in ’n middelslagkastrol. Verhit oor ’n matige tot hoë temperatuur en bring tot kookpunt terwyl jy roer tot al die suiker opgelos het.

Verlaag die hitte tot mediumlaag en laat kook die mengsel nog 4 min. sonder om te roer.

Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel. Die stroop kan vooraf berei en in die yskas gehou word.

Voorverhit die oond tot 180 °C.  

Vulsel

Sprei die pekan- en haselneute en amandels op ’n bakplaat uit en plaas vir 15 min. in die oond. Haal uit en laat afkoel.

Smelt die botter en sit eenkant. Kap die bosbessies grof.

Pols die afgekoelde neute sowat 10 keer in ’n voedselverwerker tot grofgemaal maar nie ’n poeier nie.

Verwyder uit die voedselverwerker en plaas in ’n bak. Voeg die bosbessies en al die speserye by en meng goed. Giet die botter oor, meng en sit eenkant.

Afronding

Smelt nog botter om die filodeeg mee te verf. Bedek die velle deeg met ’n klam lap om te keer dat dit uitdroog.

Sny die deeg in 6 cm breë stroke. Werk met een strook op ’n slag en vou die punt oor om die eerste kant van ’n driehoek te vorm. Vou die onderste hoek na die reguit bokant toe op terwyl jy die hoeke styf toe hou om die vulsel binne te hou.

Skep twee teelepels in die driehoekige deel en hou dan aan om die gepunte deel na die reguit deel te vou tot al die deeg gevou is.

Verf die laaste stukkie met botter voor jy dit oorvou om te plak en verf dan die hele samoesa met botter.

Pak die samoesas regop langs mekaar in ’n ronde bak wat effens met botter gesmeer is en herhaal tot jy die bak met driehoeke gevul het.

Plaas in die voorverhitte oond en bak tot goudbruin. Haal uit die oond en bedruip die warm samoesas met die koue stroop. Laat afkoel en sit voor.