Verhit ’n wafelmasjien en bespuit goed met kossproei. Hou ’n paar roomysstokkies byderhand. 

  • Meng die meel, suiker, sout en bakpoeier in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele.
  • Klits die eiers, vanielje, melk en botter saam in ’n ander bak en giet in die holte van die droë bestanddele. Klits alles saam tot net gemeng, bedek en verkoel minstens 30 min. of selfs oornag.
  • Giet 80 ml van die wafelbeslag in die verhitte masjien en braai tot gaar. Haal versigtig uit en pak op ’n draadrakkie om af te koel. Herhaal tot die beslag opgebruik is.
  • Sny die wafels in drie­hoeke en steek aan roomysstokkies. Pak die wafelstokkies op ’n groot skinkbord.
  • Vir afronding Drup die sjokolade oor die wafels en versier met die koekversiersels. Laat die sjo­kolade stol en sit voor.