Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oond-vaste braaipan van 23-25 cm met botter. 

  • Smelt die botter en donkersjokolade in ’n bak oor ’n kastrol pruttende water. Roer 2-3 min. tot glad.
  • Verwyder van die hitte. Voeg die suiker by gevolg deur die eiers, een op ’n slag. Meng tussen byvoegings. Sif die meel, kakao en bakpoeier in. Voeg die sout by en roer tot net gemeng. (Moenie die deeg te veel bewerk nie, anders sal die brownies koekerig word.) Roer die melksjokolade en grondboontjies in en behou ’n bietjie van albei vir afronding.
  • Skep in ’n braaipan en maak die bokant glad. Skep lepels grondboontjiebotter oor en meng met die punt van ’n mes in ligte draai­bewegings.
  • Strooi die oorblywende grondboontjies en melksjokolade oor. Bak 15-20 min. tot geset om die kante maar steeds sag in die middel. (’n Toets­pen moet uitkom met ’n bietjie nat mengsel daaraan.) Laat 5 min. afkoel sodat dit nie té warm is nie.
  • Sit warm voor saam met die roomys of room.