Voorverhit die oond tot 190° C.

Berei 8 dariole-vorms of ramekins voor deur dit met opwaartse hale teen die binnekante goed met gesmelte botter te verf. Verkoel tot ferm en verf dan met nog ’n laag botter.

Bedek die ramekins met strooisuiker en skud die oortollige suiker uit. Plaas die ramekins op ’n bakplaat en sit eenkant.  

Plaas die sjokolade en 200 g botter in ’n vlekvryestaalbak en plaas oor ’n kastrol kokende water. Roer die sjokolade en botter tot gesmelt, glad en goed gemeng. Hou warm.

Gebruik ’n elektriese menger en klits die eiers, eiergele en versiersuiker saam tot lig en dik.  

Verminder die spoed van die menger en voeg die gesmelte sjokolade by.

Verwyder die bak van die menger. Sif die meel en kakaopoeier en vou dit by die sjokolademengsel in, maar wees versigtig om die mengsel van nou af nie te veel te bewerk nie.

Verdeel die mengsel met ’n lepel gelykop tussen die voorbereide vorms; dit moet net verby halfvol wees.

Plaas in die oond en bak 8-10 min. Haal ná 8 min. een van die fondants uit en kyk of dit om die kante gaar is en in die middel nog sag lyk. ’n Toetspen moet warm uitkom, maar die middel moet vloeibaar bly. As jy dink dit moet nog bak, plaas die fondants terug in die oond vir nog ’n minuut en toets dan weer.

Verwyder die fondants uit die oond en laat staan 1 min.

Keer elkeen versigtig op ’n dienbord uit.

Vir voorsit

Sif versier­suiker bo-oor en sit voor saam met  ’n skeppie sjokolade-sorbet.