Yorkshire-poeding

akkreditasie
Zetta Schmeisser van Panorama het gewys Yorkshire-poeding, wat aanvanklik “dripping pudding” genoem is, hoort nie net saam met oondgebraaide beesvleis soos die Britte dit doen nie.

80 ml (1/3 k) olyfolie

375 --500 ml (11/2--2 k) bruismeel

2 eiers, liggies geklits

375 ml (1 ½ k) melk

125 g maer spekvleis, gaargemaak en gekap

VOORSIT

Heuning, verhit saam met takkie roosmaryn

Voorverhit die oond tot 230°C.

1 Plaas 5 ml (1 t) olie in holtes van ‘n muffinpan. Verhit sowat 10 minute lank of tot rookwarm.

2 Sif die bruismeel in ‘n mengbak en maak ‘n holte in die middel.

3 Meng die eiers en melk saam. Giet alles tegelykertyd by die bruismeel en klits goed tot ‘n gladde loperige beslag en sonder klonte.

4 Voeg die spekvleis by en meng goed.

5 Vul elk van die warm muffinholtes halfpad met die mengsel. Bak vir 15 minute of tot goed uitgerys en goudbruin.

6 Sit voor met roosmarynheuning.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147). Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees