Verhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.

Kerriehoender

Verhit die olie en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Roer die hoender en blatjang deur en geur  na smaak met die sout en peper. Hou eenkant.

Eiervla

Klits al die bestanddele goed saam.

Bobotie

Versprei die rys onder in die voorbereide oondbak. Pak die aartappels en ui bo-op. Versprei die hoendermengsel oor die ui. Druk die lourierblare tussen die hoender en giet die eiervla oor.

Bak 35-40 min. of tot die eiervla gestol is. Sit warm voor.