• Omelette: Klits alles goed saam. Verhit 'n bietjie olie in 'n klein pannetjie en bak 6 dun omelette, of braai 2 van gewone grootte en sny elkeen in 3 driehoeke.
  • Rolletjies: Plaas 'n omelet op elke tortillavel, smeer 'n bietjie tamatiesous oor en plaas dan 'n stukkie wors in die middel.
  • Vir bêre: Rol elke tortilla stewig op en vou toe in waspapier of kleefplastiek. Hou tot 2 dae in die yskas.
  • Vir voorsit: Haal die rolletjies uit die papier of kleefplastiek, sny in die helfte en sit koud voor.
Wenk
Jy kan hoenderworsies pleks van boerewors gebruik. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.