• Bessie-compote: Plaas al die bestanddele saam in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos het – giet ’n bietjie water by indien nodig. Laat stadig prut tot stroperig en tot die bessies sag is. Haal van die hitte af en hou eenkant.
  • Roosterbrood Klits die eiers, melk, sout en kaneel saam. Doop die croissanthelftes in die eiermengsel tot deurdrenk.
  • Verhit die botter in ’n kleefvrye pan en bak die croissants tot liggies uitgepof en goudbruin aan albei kante.
  • Vir voorsit: Pak die croissanthelftes op ’n bord en skep die jogurt bo-op. Drup die bessie-com-pote oor en sit dit dadelik voor.