Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n klein broodpan en voer uit met bakpapier.

  • Klits die eiers, vanieljegeursel en suiker of ­heuning saam tot lig en dik.
  • Sif die droë bestanddele saam. 
  • Meng die vrugte, neute en pitte, en sif ’n bietjie van die meelmengsel oor.
  • Vou die droë bestand­dele om die beurt met die vrugtemengsel by die ­eiermengsel in. Skep in die bereide pan en bak sowat 40-60 min. of tot ’n toetspen net-net skoon uit die middel van die brood kom. Bedek ná 40 min. met tinfoelie om te keer die brood bak te donker.
  • Laat effens in die pan ­afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel. Draai toe in kleefplastiek om dit behoue te laat bly – vir ’n paar weke in die yskas of drie maande in die vrieskas.
  • Vir voorsit: Sny die brood in papierdun ­snytjies, smeer met roomkaas, stapel die spek bo-op en krummel bloukaas oor (indien gebruik). Rond af met ’n paar streepsels heuning. 

’n Dun snytjie van dié lekker droëvrugtebrood, gesmeer met ’n bietjie room- en bloukaas saam met geroosterde spek, is iets heerlik anders vir ontbyt.

WENK: Die brood werk ook goed as deel van ’n kaasbord.