Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n driepoot in die kole en hou ’n rooster byderhand.

Mielieslaai

Sit die mielies op die rooster en braai tot heldergeel en effens geskroei. Meng die botter en Marmite saam en smeer oor die warm mielies. Laat ­afkoel. Sny van die stronk af. Meng die mieliepitte met die res van die bestanddele en hou eenkant.

Smeersel

Meng alles.

Braaibroodjies

Smeer die een kant van elke sny brood met die smeersel. Pak lekker baie uie op die een helfte van elke sny brood. Sit ’n gebakte eier bo-op die uie en sprinkel kaas oor. Maak versigtig toe.

Pak die broodjies op die rooster en braai tot die brood goudbruin is en die kaas gesmelt – wees versigtig wanneer jy die broodjies omdraai om te verhoed dat die eiers breek.

Vir voorsit

Sit die broodjies voor saam met gebraaide boerewors en mielieslaai.