Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Sny die avokado’s in die helfte deur en verwyder die pit. Vergroot die holtes effens met ’n 
    teelepel. Jy kan die oortollige avokado sommer net daar eet. 
  • Breek al die eiers in ’n bakkie en skep die eiergeel en net genoeg eierwit met ’n eetlepel in elke avokado sodat dit nie oorvloei nie. Geur met die sout en peper en strooi die paprika oor. 
  • Plaas die avokado’s in ’n oondbak waarin dit regop sal bly. Jy kan dit selfs in ’n muffinpan laat balanseer. 
  • Plaas in die oond en bak 15 min. of tot die eiers na jou smaak gaar is. 
  • Plaas die gekapte rooi soetrissie in ’n ander bakkie en krummel die feta oor. Drup ’n bietjie olyfolie oor en meng goed met ’n vurk. 
  • Haal die avokado’s uit die oond en sit voor met ’n skeppie van die soetrissievulsel. 

WENK

Die avokado’s moet by kamertemperatuur wees. En gebruik ’n lepel om die gaatjies waaruit die pitte kom effens groter te maak sodat die eier daarin kan pas.