• Roosterbrood: Sny die brood in dik vingers.
  • Klits die eiers, melk en sout saam. Doop die broodvingers in die eiermengsel; maak seker die brood is goed daarin geweek.
  • Verhit die botter in ’n kleefvrye pan en braai die brood in sarsies tot goudbruin aan alle kante en tot die eiervla gestol is. 
  • Afronding: Meng die ­suiker en kaneel. Sprinkel oor die roosterbrood terwyl dit nog warm is.
  • Sit die brood voor saam met die grenadella.
Wenk

Vervang die grenadella en kaneelsuiker op die Franse roosterbrood met een van dié smaaklike vulsels:

  • Sitrussalsa: Skil 2 lemoene en 1 pomelo en verdeel die vrugte in segmente. Kap die vrugte in growwe stukke en voeg 1 takkie gekapte mentblare en 15 ml (1 e) heuning by. Skep die mengsel oor die roosterbrood. 
  • Heuningspek: Voer ’n bakplaat met bak­papier uit en bespuit met kossproei. Pak 200 g strepiespek in ’n enkellaag daarop en bedruip met 30 ml (2 e) heuning. Oondrooster 10-15 min. by 200 °C of tot bros. Strooi die spek oor die Franse roosterbrood.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!