• Roosterbrood: Klits die eiers en melk goed saam. Verhit die helfte van die botter in ’n kleefvrye pan. Doop die helfte van die brood­snye een vir een in die eiermengsel. Braai die broodsnye oor lae hitte in die pan tot goudbruin.
  • Herhaal met die res van die eiermengsel en broodsnye.
  • Mascarpone: Meng alles goed.
  • Afronding: Skep van die mascarponemengsel op die roosterbrood. Pak die komkommerlinte en frambose bo-op en rond af met die heuning.
Wenk
Die mascarpone kan met gladde roomkaas of geklopte room vervang word; gebruik natuurlike jogurt vir ’n gesonde opsie.