Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Klits die eiers, melk en vanieljegeursel saam in ’n bak.
  2. Doop elke stuk piesangbrood in die eiermengsel en bedek weerskante heeltemal. Lig die snye op en laat die oortollige eiermengsel in die bak terug drup voor jy die brood op die bereide bakplaat pak. 
  3. Gooi enige oorskiet-eiermengsel weg. Bak die bedekte brood 20 min. of tot die snye opgepof en goudbruin is en draai ná die eerste 10 min. om. 
  4. Smeer die sjokoladesmeer oor vier snye en bedek met die oorblywende vier snye. Sny die toebroodjies oorhoeks, strooi die amandels oor, bedruip met esdoringstroop en sit voor.