Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat liggies met olie.

  • Plaas die spek op die plaat en verf die repe met die heuning. Bak 15 min. tot bros.

Franse roosterbrood

  • Terwyl die spek in die oond is, klits die eiers, melk, suiker, speserye en sout in ’n mengbak saam en plaas dit in ’n vlak bak. Doop die snye brood in die eiermengsel en laat week 1 min. weerskante.
  • Verhit die olie in ’n kleefwerende braaipan tot warm en kantel die pan tot die hele oppervlakte bedek is.
  • Verminder die hitte tot laag en braai 2 geweekte snye brood op ’n slag 2 min. aan elke kant tot goudbruin. Dit
    is belangrik om die hitte laag te hou sodat dit nie brand nie.
  • Plaas op ’n bord wat met kombuispapier uitgevoer is wanneer dit gaar is om oortollige olie te dreineer. Herhaal tot al die brood gebraai is. Teen dié tyd behoort die spek gaar te wees. Haal dit uit die oond en laat dit afkoel.

Vir voorsit

  • Wissel lae brioche en wit Franse roosterbrood op ’n opdienbord af en bedek met die spek. Hou aan die roosterbrood en spek opstapel en bedruip met die heuning.
Wenke
  • Voeg ’n bietjie suiker by om dit nog te versoet as jy wil.
  • Pleks van spek kan jy die Franse roosterbrood saam met roomys en bessies of enige vrugte van jou keuse voorsit.