Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 2 oondvaste koppies of ramekins goed met kossproei.

  • Klits die jogurt, eiers en heuning goed saam. Voeg die appels by en meng deur.
  • Meng die hawersemels, hawermout, sout, bakpoeier en suurlemoen- of lemoenskil en voeg dit by die jogurtmengsel. Meng goed deur en verdeel tussen die koppies.
  • Bak 25-30 min. of tot goudbruin en gaar.

Vir voorsit

  • Sit die gebakte hawerkoppies warm voor saam met die jogurt en grena­dellapulp.