• Verdeel die hawermout, piesang, suiker en grondboontjiebotter gelykop tussen 2 flesse.
  • Giet die helfte van die melk in die een fles en die res in die tweede fles. Maak elkeen stewig met ’n deksel toe en skud goed. Plaas die flesse oornag in die yskas.
  • Vir voorsit: Skroef die deksel af, pak ’n paar skywe piesang, bessies en gekapte ment bo-op en sit voor. 

WENK

As jy versot is op grondboontjiebotter, voeg nog daarvan by en laat die piesangskywe uit. Voeg nog melk by as jy loperige hawermout verkies.