• Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak.
  • Klits die eier, melk en grondboontjiebotter saam en klits dit stadig by die droë bestand­dele in. Maak seker die beslag het nie klonte nie. Laat die mengsel 15 min. rus.
  • Verhit ’n kleefwerende pan en skep eetlepels van die beslag daarin. Draai elkeen om sodra borrels bo-op verskyn, en braai tot die plaatkoekies ligbruin is.
  • Bolaag: Meng die versiersuiker en grondboontjiebotter tot glad. Bedruip die plaatkoekies met die versiersuikermengsel en rond af met die grondboontjies. 

WENK

Voeg 30 ml (2 e) melk by die versiersuikermengsel as die bolaag te dik is.