• Verhit die botter in ’n braaipan en braai die mini-kaasworsies tot goudbruin, haal uit die pan en plaas eenkant.
  • Klits die eiers, room, sout en peper saam in ’n bak en plaas eenkant. 
  • Voeg die olyfolie en knoffel in dieselfde pan as waarin jy die kaasworsies gebraai het en braai 1 min. oor matige hitte.
  • Voeg die rooi soetrissie en ui by en soteer ’n paar minute of tot die ui begin sag word.
  • Voeg die eiers in die pan by die ui en soetrissie en laat dit net begin stol.
  • Roer die eiers met ’n lepel tot geroer en deurgaar, verwyder van die hitte en plaas eenkant. 
  • Verhit die tortillas volgens die aanwysings op die pakkie. 
  • Verdeel die roereier eweredig tussen die 4 tortillas, bedek elk met 2-3 worsies en ’n paar skywe tamatie en bestrooi met ’n bietjie kaas. 
  • Rol styf toe en sit voor.