10 min.
4 omelette
6 min. per omelet; 10 min. vir vulsel
Bestanddele
- OMELETTE
- 250 ml (1 k) kekerertjiemeel (chana-meel)
- 7,5 ml (1½ t) knoffelpoeier (opsioneel)
- 7,5 ml (1½ t) fyngekapte stingeluie
- 1,25 ml (¼ t) borrie
- 60 ml (4 e) voedingsgis (nutritional yeast, nie kitsgis nie)
- 375 ml (1½ k) amandelmelk
- sout en peper na smaak
- VULSEL
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 ml (1 k) gemengde sampioene, gekap
- 180 ml (¾ k) gekapte ui
- 125 ml (½ k) rooi soetrissie, gekap
- 45 ml (3 e) pietersielie, gekap
- 250 ml (1 k) spinasie, ontstingel en gekap
- 'n paar kersietamaties
- 1 avokado, fyngedruk
- 4 skyfies veganistiese kaas (opsioneel)
Metode

- Omelette: Plaas al die bestanddele vir die omeletmengsel in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot glad (of meng met ’n draadklitster). Laat staan terwyl die vulsel berei word.
- Vulsel: Verhit die olie in ’n pan en soteer die sampioene tot sag. Voeg die ui en soetrissie by en roerbraai tot net sag.
- Voeg die pietersielie en spinasie by en verhit tot die spinasie verwelk is. Skep uit en hou eenkant.
- Roerbraai die tamaties in ’n aparte pan tot die velletjies net oopbars.
- Samestelling: Verhit ’n bietjie olie in ’n omeletpan. Giet sowat 125 ml (½ k) van die omeletmengsel in die pan en kantel die pan om die mengsel eweredig te versprei. Verlaag die hitte en bak tot ’n paar borrels bo-op verskyn. Bedek met ’n deksel terwyl jy braai. Lig die kante liggies met ’n silikon-eierspaan en draai om. Bedek weer en bak tot gaar aan die ander kant, sowat 2 min. Skep uit met die eierspaan. Herhaal met res van die beslag.
- Plaas elke omelet op ’n bord en skep van die vulsel op een helfte van die omelet. Sprinkel tamaties oor en skep fyngedrukte avokado bo-op. Plaas ’n skyfie kaas bo-op indien verkies. Vou toe en sit voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET