Groensous

Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad. Geur met sout na smaak.

Roereier

Klits die eiers saam met ’n vurk. Voeg die suurlemoenskil en brandrissievlokkies by, indien gebruik, en meng liggies.

Verhit die olie en botter in ’n pan, verlaag die hitte van die stoofplaat, giet die eier in en bak tot dit begin stol – begin die eier rondskuif met ’n eierspaan en roerbraai tot die eier amper gestol maar nog effens loperig is.

Haal die pan van die hitte af en sprinkel die kruie oor. Meng deur en geur met sout na smaak.

Vir afronding

Pak die roosterbrood op opskepborde en verdeel die eier tussen die brood. Pak ’n paar tamaties op en drup van die sous oor. Sprinkel vars kruie oor en sit voor.