Voorverhit die oond tot 180 ºC. Bespuit 6 langwerpige mini­losboomtertpannetjies goed met kossproei.

  • Vlamengsel: Klits die eiers, melk en roomkaas saam; geur met sout en peper.
  • Verdeel die spinasie, stingeluie, soetrissie en ham tussen die panne­tjies.
  • Giet die eiermengsel oor en sprinkel die feta oor. Bak sowat 20 min. tot gaar en gestol.
  • Salsa: Meng die avokado met die tamaties en grasuie en sit voor saam met die frittatas.

Wenk: Jy kan ook muffinpanne met diep holtes gebruik. Voer die holtes  elk met ’n skyf parmaham uit en giet die mengsel daarin.