• Pannekoekies: Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n bak. Klits die res van die bestanddele goed saam en voeg by die meelmengsel. Klits met ’n ballonklitser of ’n elektriese handklitser tot goed gemeng en sonder klonte. Bedek en laat minstens 30 min. eenkant staan.
  • Skep die beslag in ’n spuitbottel. Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan, drup ­R5-­­ grootte-poeletjies van die mengsel in die pan en bak tot ligbruin. Draai die pannekoekies versigtig om en bak tot gaar. Herhaal met die res van die ­beslag.
  • Vir voorsit: Verdeel die pannekoekontbytpap tussen 4 bakkies, giet ’n bietjie melk of skep van die jogurt oor en rond af met die bessies, piesang, pampoenpitte en ment, indien verkies.