Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n broodpan goed met kossproei.

  • Meng die hoender, spek, ui, pietersielie, suurlemoenskil en feta goed. Versprei in die broodpan.
  • Klits die eiers en melk saam in ’n beker en geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet oor die vulsel in die broodpan. Skud dit liggies om te verseker dat die vulsel eweredig versprei.
  • Bak 25-30 min. of tot die quiche gestol en ligbruin bo-op is. Haal uit die oond en laat 5 min. staan. 
  • Keer die quiche versigtig uit en sny in blokke. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.