• Meng die botter en heuning in ’n glasbak en mikrogolf tot ­gesmelt. Meng die mues­li by.
  • Plaas papierbakkies in die holtes van ’n muffinpan. Druk die mueslimengsel vas op die bodem en teen die kante van die bakkies. Verkoel oornag.
  • Vulsel: Meng die jogurt met heuning tot soet na smaak. Skep in die bereide bakkies en skep ’n verskeidenheid vars vrugte bo-op. Verkoel.

Wenk: Dis belangrik om botter te gebruik en nie margarien nie, want die botter stol en dit hou die mueslimengsel bymekaar.