• Klits die meel by die beslag in. Voeg die mielies en kaas by. Meng goed.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan. Bak plaatkoekiegroottepannekoeke met die beslag.
  • Vir afronding: Pak ’n paar van die ontbytpannekoeke bo-op mekaar op 4 bordjies. Smeer van die suurroom, maaskaas of roomkaas op die boonste pannekoek van elke stapel. Volg met die salami, eiers en roketblare. Sit dadelik voor.
Wenk
Vir ontbytwafels, vervang die melk in die basiese pannekoek­resep met karringmelk of amasi en volg die resep verder soos aangedui.

Basiese pannekoekbeslag
  • Sif 250 ml (1 k) koekmeel, 2,5 ml (½ t) bakpoeier en ’n knippie sout in ’n mengbak.
  • Klits in ’n aparte bak 3 eiers, 250 ml (1 k) melk en 60 ml (¼ k) olie goed saam en giet by die droë bestanddele.
  • Klits tot goed gemeng en sonder klonte; die beslag moet soos dik room lyk.
  • Bedek en laat minstens 30 min. rus. Bak die pannekoeke soos verkies.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.