• Ertjies: Plaas die ertjies, botter en suurlemoen- sap saam in ’n mikrogolfvaste glasbak. Mikrogolf 2 min. en roer goed. Meng die ment deur en krummel die feta oor.
  • Meng die ertjiemengsel goed, en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Hou eenkant.
  • Burgers: Verhit die olie in ’n pan en braai die tjops tot goudbruin en effens bros om die kante. Haal die tjops uit en hou eenkant.
  • Rooster die ciabatta, oopgesnyde kante na ­onder, in die pan tot bros. Haal uit en smeer met ­die mayonnaise.
  • Verhit die botter in dieselfde pan en bak die ­eiers soos verkies.
  • Vir afronding: Skep ruimskoots van die ertjies op die broodjies, ­gevolg deur die tjops en eiers. Geur met sout en vars gemaalde peper. Maak die broodjies toe en sit dadelik voor.