• Vleiskoekies: Plaas die seldery en hoender in die bak van 'n voedselverwerker en pols tot fyngemaal. Skep in 'n mengbak en voeg die res van die bestanddele by. Meng goed.
  • Verdeel die mengsel in 8 gelyke dele en vorm in vleiskoekies. Pak op 'n bord, bedek en verkoel minstens 30 min.
  • Verhit die olie in 'n groot pan vir vlakbraai. Braai die vleiskoekies in sarsies tot goudbruin aan albei kante en gaar.
  • Burgers: Smeer die muffins met die mayonnaise. Sit 'n vleiskoekie, 'n skyfie kaas en 'n tamatie­skyf (indien gebruik) in elke muffin en vou toe.
  • Vir bêre: Vou die burgers in waspapier toe en vries tot 2 weke, of hou tot 3 dae in die yskas.
  • Vir voorsit: As dit bevrore is, haal die burgers die vorige aand uit die vrieskas en laat in die yskas ontdooi. Sit koud voor of verhit 10 min. in die oond by 200 °C.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.