Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Muesli: Meng al die bestanddele vir die muesli en versprei in ’n dun laag op ’n bakplaat. Bak sowat 30-40 min.; roer elke 15 min. tot die hawermout mooi goudbruin is. Laat afkoel.
  • Samestelling: Skep ’n derde van die fles vol jogurt, skep dan ’n bietjie heuning oor, roer liggies deur, skep ’n lagie vrugte op en skep weer ’n bietjie heuning oor. Sprinkel ’n lekker lagie van die muesli oor en maak toe.